LettersOpinion

Thabazimbi is keelvol vir plaasgeweld

“Ons sal nie meer toelaat dat enige plaasaanvalle ongesiens en ongestraf verbygaan nie.”

Drickus Botha, streeksbestuurder: TLU SA, skryf:

Die verdagte wat na bewering ses jaar gelede die eienaar van ’n oord in Limpopo verkrag en vermoor het, het op Donderdag 13 Augustus in die hof in Thabazimbi verskyn.

Die Thabazimbi-DLU het ’n saamtrek na die hof uit protes teen misdaad georganiseer.

Die optog is deur mense uit die provinsie ondersteun en TLU SA het dit saam met die Limpopo-landelike veiligheidsforum se lede bygewoon. Christine Robinson (59) het die Rra-Ditau Lodge in Thabazimbi alleen bestuur nadat haar man oorlede is.

’n Tuinier het haar na bewering daar aangeval en vermoor. Die verdagte is eers vanjaar aangekeer nadat iemand ’n foto van die vermeende moordenaar op sosiale media geplaas en hy herken is.

“Ons sal nie meer toelaat dat enige plaasaanvalle ongesiens en ongestraf verbygaan nie,” het Henk van de Graaf, streeksvoorsitter van TLU SA Noord gesê.

Ons sal as ’n gemeenskap saamstaan en ondersteuning bied waar die regering dit nie wil doen nie.

Related Articles

Back to top button