MunicipalNews

Ondersoek na uitbreidings geloods

“Ons is al vier jaar lank besig om hierdie probleem in Lesi- ding te probeer oplos. Geen dienste kan gelewer word voordat dorpstigting plaasgevind het nie.”

’n Afvaardiging van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit het Alma en Lesiding besoek om na die uitdagings van dorpsbeplanning te kyk.

Volgens Marlene van Staden, burgemeester, is daar nooit dorpstigting vir Uitbreiding 5 van Lesiding of in Alma gedoen nie.

“Ons is al vier jaar lank besig om hierdie probleem in Lesiding te probeer oplos. Geen dienste kan gelewer word voordat dorpstigting plaasgevind het nie.”

Die probleem in Alma duur glo al langer as 10 jaar. Die departement van samewerkende regering het aanvanklik die proses 10 jaar gelede begin, maar dit is nooit afgehandel nie, het Van Staden gesê. Die projek is nou weer op dreef.

Die departement staan die munisipaliteit by en ’n nuwe dorpsbeplanner het terugvoer gegee oor Uitbreiding 5 en die nuwe erwe wat uitgesit word in Alma.

Die afvaardiging het bestaan uit Van Staden, die direkteur vir dorpstigting, amptenare van die regsdepartement en Vaalwater se munisipaleraadslede.

“Ons wil die historiese probleme en die uitdagings wat ons dorpsbeplanning gehad het, nou oplos.”

Sy het inwoners aangemoedig om seker te maak dat hulle by die regsprosesse bly wat dorpsbeplanning, sonering en die uitdeel van erwe betref.

“Kontak eerder die munisipaliteit en maak seker dat jy die korrekte papierwerk het.”

Related Articles

Back to top button