Local newsNews

Bekende in bankbedryf sterf

Su­san Prins­loo, ’n be­ken­de van Modi­mol­le wat de­ka­des lank by Ab­sa in die dorp ge­werk het, is op 82-ja­ri­ge ouder­dom oor­lede.

Prins­loo, wat haar loop­baan in die bank­we­se in die 1970’s be­gin het en in 1997 as be­dryfshoof af­ge­tree het, is in die Phodi-hos­pi­taal in Bela-Bela oor­le­de.

Sy het die laas­te paar maan­de ge­sond­heids­pro­bl­e­me ondervind en is ná ’n terug­slag in die hos­pi­taal op­ge­neem. Prinsloo het se­dert haar af­tre­de op die plaas Doorn­fon­tein ge­woon en was be­trok­ke by die VLU en die plaas­like bur­ger­li­ke vei­lig­heid van die Doorn­fon­tein-boere­ver­eni­ging.

Sy sal ont­hou word vir haar vrien­de­lik­heid, besorgd­heid en be­son­de­re ver­moë om kliën­te, fami­lie, vrien­de en haar ge­sin met lief­de en sorg by te staan, het ’n fam­i­lielid aan Die Pos ge­sê.

Sy het ná haar af­tre­de haar ma, San­nie Nie­mandt, en broer, Da­nie, tot hul dood ver­sorg.

Haar neef, die rol­prent­re­gis­seur, Peet Ros­souw, is ook op Vry­dag 10 Ju­lie aan kan­ker oor­le­de. Prinsloo is reeds vanuit die Gere­for­meer­de Kerk Water­berg begrawe. Ds. Chris­tiaan Joos­te, wat haar dik­wels op die plaas en ook in die hos­pi­taal besoek het, het die diens waar­ge­neem. 

Sy was se­dert haar hu­we­lik met Wol­la Prins­loo, wat by die NTK-hoof­kan­toor en die grond­bone­bot­ter­fa­briek betrokke was en in 1992 oor­le­de is, in hier­die ge­meen­te.

Sy laat haar seuns, Hein en Jo­hann, skoon­dog­ter Su­zann en klein­kin­ders Na­dia, Da­nelle en Phil­lip ag­ter.

Die gesinne bedank die Bos­veld-ge­meen­skap en al Prinsloo se jare­lange vrien­de vir die on­der­steu­ning en mede­lye in hier­die hart­seer tyd.

Related Articles

Back to top button