LettersOpinion

Elkeen vir homself in hierdie land

Ek het vir sowat 15 minute lank die “gemaskerdes”, “halfgemaskerdes” en die “ongemaskerdes” met strepies op die papier afgemerk.

Kobus Versveld, Pienaarsrivier, skryf:

Ons het verlede week tydens ons besoek aan Bela-Bela parkering in die hoofstraat voor die apteek gekry.

My vrou het oorkant die pad gaan inkopies doen. Ek het ’n stukkie papier en pen geneem terwyl ek die stroom mense wat verbyloop, dopgehou het. Ek het vir sowat 15 minute lank die “gemaskerdes”, “halfgemaskerdes” en die “ongemaskerdes” met strepies op die papier afgemerk.

In dié 15 minute het 37 mense verbygeloop waarvan 12 volgens die wetlike voorskrifte gemasker was. Elf het ’n masker gehad, maar dit was nie korrek op hul gesigte nie en 14 het geen masker gehad nie. Dit is asof die mensdom nie besef hoe ernstig dié pandemie is nie.

Om sake te vererger, het ek ’n ordentlik geklede man gesien terwyl hy ’n sigaret rook; masker om sy keel. Toe hy reg voor ons motor verbygeloop het, het een van die motorwagte hom voorgekeer en iets gevra. Ek kon sien hoe die man sy skouers optrek en daarna die halfgerookte sigaret aan die wag oorhandig.

Die motorwag het onmiddellik ’n fluit gegee en voor jy kon “mes” sê, was daar vier ander motorwagte by om in dié gelukkie te deel. (Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se ergste nagmerrie!) Hierdie hele episode het my weer laat besef dat ons in ’n samelewing woon waar elkeen net eenvoudig doen wat hulle wil.

Daar is geen respek vir hulself, hul medemens of die wette en regering van die land nie.

Related Articles

Back to top button