NewsSchools

Gr. 3-leerder skryf brief vir haar dorp se munisipaliteit

’n Vindingryke gr. 3-leerder van Modimolle het ’n plan beraam met die plastiek en papiere wat die strate vol lê.

’n Gefrustreerde Renette van der Merwe van Modimolle het in ’n brief aan die munisipaliteit vir hulle ’n deeglike plan uiteengesit hoe daar vir eens en vir altyd van die probleem ontslae geraak kan word. Herwinning lê dié jongeling na aan die hart sedert sy verlede jaar daarvan geleer het. Sy is ’n tuisskolier.  

Renette van der Merwe van Modimolle het haar plan vir herwinning in ’n brief aan die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit uiteengesit.

 

In haar brief skryf sy: “Ons sien plekke wat vuil is. Wat moet ons doen? Wat van ons sit asblikke met verskillende kleure in die pretparke en ons bestel robotte om die papiere op te tel?”

Sy het verder aan Die Pos verduidelik dat mense nie luister nie en hulle papiere oral rondgooi. “Die wêreld word siek hiervan en dit lyk lelik. Geel asblikke kan vir blikkies wees, groen vir glas en wit vir papier. Ons kan dan weer nuwe goed maak van die ou goed wat ons weggegooi het. Ons kan selfs die stukkende robotte herwin. Ons wêreld sal baie mooier lyk,” het sy gesê.

“Ek dink China kan sulke robotte maak. Dit moet net nie soos die motorfiets-ambulanse wees nie!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button