CrimeNews

Dwelmsmous lank tronk toe

’n Dwelm­ha­n­de­laar wat twee jaar ge­le­de in Modi­mol­le aan­ge­keer is, is ’n swaar von­nis opgelê.

Land­dros Pie­ter Man­tha­tha het Bu­shi Si­tho­le op Dinsdag 28 Julie tot ses jaar tronk­straf ge­von­nis op aanklag van die be­sit van dwelms. Hy is in No­vem­ber 2018 deur die po­li­sie aan­ge­keer met 75 pak­kies ny­ope in sy be­sit. Die hof het ty­dens sy ver­hoor ge­hoor dat labo­ra­to­riumuit­slae aan­dui dat he­roïen een van dié nyope se be­stand­dele was.

Vol­gens se­nior staats­aan­klaer Re­nier van Rooyen kan ern­sti­ge dwelm­oor­tre­dings, soos die be­sit van he­roïen, ’n mini­mumvon­nis van 15 jaar beteken.

  • Die gebruik van ny­ope is land­wyd ’n pro­bleem. Dié dwelm­mid­del is ’n do­de­li­ke kon­kok­sie van dwelms en an­der stow­we en laat die ge­brui­ker hal­lu­si­neer. Die meng­sel be­staan dik­wels uit betanddele soos rot­gif, der­degraad­se he­roïne, skoon­maak­mid­dels, bat­te­rysuur, an­tire­tro­vi­ra­le me­di­sy­ne wat vir HIV-pa­siën­te be­stem is en dag­ga of ta­bak.

Related Articles

Back to top button