Local newsNews

Virussyfer in Limpopo styg stadig maar seker

Die hoeveelheid mense wat in die Waterberg positief getoets word vir die Covid-19-virus, neem steeds toe.

Die syfers wat die provinsiale departement van gesondheid op Dinsdag 4 Augustus uitgestuur het, dui daarop dat daar tans 9 177 mense is wat die siekte opgedoen het waarvan 3 449 steeds siek is.

Die Waterbergstreek het die tweede meeste gevalle met 2 378 mense wat positief getoets is, naas die Capricorn-streek met 2 806 mense.

Daar is 52 siek mense (uit 100 gevalle tot dusver) in die Modimolle-Mookgophong-munisipale omgewing en twee sterftes. In Bela-Bela is daar 33 mense wat steeds siek is (uit 113 gevalle) met vier mense wat gesterf het. In Thabazimbi, wat die swaarste in die distrik getref is, is 392 mense steeds siek uit 1 475 aangemelde gevalle. Twee sterftes is aangeteken.

In Lephalale is 145 mense siek uit 338 gevalle wat aangemeld is. Geen sterftes is aangeteken nie. In Mokgalakwena (Mokopane) is 122 mense steeds siek uit die 352 Covid-19-gevalle wat aangemeld is. Een persoon is oorlede.

Die ander munisipaliteite in die provinsie wat swaar deur die virus getref word, is Polokwane met 979 mense wat steeds siek is uit 2 405 mense wat positief getoets is. Daar is reeds 28 mense oorlede. In Tzaneen is 270 mense steeds siek (533 gevalle) en vyf mense het gesterf.

In die Elias Motsoaledi-munisipaliteit (Groblersdal) is daar 183 positiewe gevalle (uit 487 gevalle met drie sterftes) en in Fetakgomo Tubatse is daar 315 mense wat steeds siek is (uit 882 gevalle met twee sterftes).

  • Goeie nuus is dat die egpaar van die Kokanje-aftreeoord buite Modimolle wat vroeër positief vir die virus getoets is, weer op die been is. Volgens Anina Pretorius, bemarker van die oord, het nog twee inwoners die afgelope week positief getoets en is hulle in tuis-isolasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button