Home/Galleries/Community galleries/Geite en giere… Community galleriesGalleries Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? August 11, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print ’n Motor vol drank het ’n inwoner van Modimolle in die moeilikheid laat beland nadat hy deur die polisie aangekeer is. AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, het gesê die man is vasgetrek tydens ’n landelike veiligheidsoptrede wat op Donderdag 30 Julie gehou is. Die man is aangekla van die oortreding van die rampbestuurwet en is ’n boete opgelê. Hy is ook sy drank kwyt. Warmpatat: Dié man het op Dinsdag 4 Augustus helderoordag die reuseboom op die hoek van Pretoriaweg en Minnaarstraat in Bela-Bela uitgeklouter en takke begin afsaag vir vuurmaakhout. Die boom is op die driehoek op munisipale grond by een van die besigste kruising in Bela-Bela. Inwoners kla al geruime tyd op verskeie forums oor boomslopers wat die omgewing kaalstroop. Inwoners van Modimolle het op Saterdag 1 Augustus die kans aangegryp om ’n bietjie uit die huis te kom deur die stalletjies by die nuwe maandelikse boeremark in die hoofstraat te besoek. Daar was lekker eetgoed, handgemaakte produkte, plante en kuns te koop. ’n Trok het op Saterdag 1 Augustus op die N1-snelweg naby die Codrington-afrit aan die brand geslaan. Dit het veroorsaak dat verkeersvloei feitlik tot ’n stilstand gekom het terwyl nooddienste besig was om die brand onder beheer te bring. Sover vasgestel kon word is niemand in die ongeluk dood nie. Verkeer is later die dag weer oopgestel. Dit is nog onduidelik hoe die trok aan die brand geslaan het. You can read the full story on our App. Download it here. August 11, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print