CrimeNews

Bussiediewe slaan weer toe

Skaars ’n week nadat Laerskool Nylstroom se skoolbus­sie ge­steel is, het die­we weer toe­ge­slaan en die Abra­ham Kriel­-kin­der­huis in Modimolle se bus­sie ge­steel.

Laer­skool Nyl­stroom se Toyota Quantum-bus­sie is gedurende Maan­dag­nag 20 Ju­lie gesteel waar dit agter slot en grendel op die skoolterrein was.

Ger­da van der Mer­we, hoof van die kin­der­huis, het aan Die Pos ge­sê die­self­de lot het hul­le gedurende Vry­dag­nag 24 Ju­lie ge­tref.

“Die bus­sie is Vry­dag­mid­dag — na­dat die per­so­neel af­ge­laai is — in die werkwin­kel gepar­keer en toe­ge­sluit. Een van ons per­so­neel­le­de het Sa­ter­dag ’n leer gaan haal en ge­sien dat die slot ge­knip is. Die bus­sie was skoon­veld,” het sy ge­sê.

Daar is ook ge­reed­skap ter waarde van sowat R20 000 ge­steel.

Dit blyk dat die die­we by ’n ag­ter­ste uit­gang in Olien­hout­straat met die bus­sie uit is. Die wit Toyota Quan­tum-bus­sie is met die kin­der­huis se logo op die kan­te ge­merk.
“Ons is be­sig om ons vei­lig­heids­maat­reëls op te skerp,” het sy ge­sê.

AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, het die voor­val be­ves­tig. “Ons on­der­soek die moont­lik­heid dat dit die­self­de men­se is wat albei bus­sies ge­steel het,” het hy ge­sê. “Die po­li­sie het on­mid­del­lik van die an­der sko­le wat soort­ge­ly­ke bus­sies het ge­waar­sku om se­ker te maak dat hul voer­tuie vei­lig is.”

Related Articles

Back to top button