Local newsNews

Oudinwoner van kinderhuis samel wavrag komberse in

“Elzabé het gesê die kinderhuis was baie goed vir haar en dat sy hulle graag wou help.”

’n Oud-inwoner van die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle het, nadat sy ’n koerantberig gesien het wat vra vir skenkings, komberse en klere begin insamel.

Die 22-jarige Elzabé Kruger woon die afgelope paar jaar in ’n nasorgsentrum vir verstandelik gestremdes in Polokwane, maar het nooit haar grootwordhuis vergeet nie. Sy het sedert driejarige ouderdom in die kinderhuis gewoon.

“Nadat sy die berig gelees het, wou Elzabé eers van haar eie komberse stuur, maar ons het ingespring en haar gehelp om nog klere en komberse bymekaar te maak,” het Saar du Toit van die sentrum gesê. “Elzabé het gesê die kinderhuis was baie goed vir haar en dat sy hulle graag wou help.”

Kruger het tydens die aflewering van die komberse onmiddellik ou bekendes herken en van die huisouers was baie bly om haar weer te sien.

Related Articles

Back to top button