LettersOpinion

Hoop vir mense met ski­so­fre­nie

Hoe­wel ski­so­fre­nie en bipo­lê­re ge­drags­ver­steu­ring on­ge­nees­li­ke siek­tes is, is albei be­han­del­baar.

Louise Ziets­man, Mo­di­mol­le, skryf:

My seun is 15 jaar ge­le­de met ski­so­fre­nie ge­diag­no­seer.

Ek het in De­sem­ber 2010 by San­lam, waar ek 19 jaar ge­werk het, bedank om Huis Elpi­dos (Grieks vir hoop) te be­gin. Ek kon al my aandag aan my seun gee na­dat my twee dog­ters hul studies voltooi het.

Huis Elpidos is ’n pri­vaat nie-wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie wat in A­pril van­jaar in Mo­di­mol­le ge­stig is. Mense wat aan ern­sti­ge gees­tes­versteurings soos ski­so­fre­nie of bipo­lê­re ge­drags­ver­steu­ring ly, word vol­tyds by Huis Elpidos ver­sorg.

Ski­so­fre­nie is ’n che­mie­se wan­ba­lans in die brein wat met an­ti­psi­go­tie­se me­di­ka­sie beheer kan word. Hoe­wel ski­so­fre­nie en bipo­lê­re ge­drags­ver­steu­ring on­ge­nees­li­ke siek­tes is, is albei be­han­del­baar.

Die simp­to­me van ski­so­fre­nie sluit in die ag­ter­uit­gang van per­soon­li­ke hi­gië­ne, ou­di­tie­we hal­lu­si­na­sies (hoor stem­me), vi­sue­le hal­lu­si­na­sies (sien ding­e wat nie be­staan nie), so­sia­le ont­trek­king en pa­ra­noi­a waar die per­soon dink hy of sy word ag­ter­volg.

Ek woon saam met my pa­siënte in die­self­de huis soos ’n huis­ge­sin en is be­trok­ke by el­ke ak­ti­wi­teit.

Ek neem hul­le maan­de­liks na die kli­niek om me­di­ka­sie te kry of dok­ter toe vir e­va­lua­sie.

Die inwoners doen soggens groeps­ak­ti­wi­tei­te waar­na hul­le met take in en om die huis moet help. Hulle is fluks om kos te maak en op te ruim.

Dit is ui­ters be­lang­rik dat hul­le hul kog­ni­tie­we vermoë so­ver moont­lik be­hou en dat dit ge­st­imu­leer word, daar­om speel ons ba­ie bord­spe­le­tjies. Een van die in­wo­ners is selfs ’n uit­ste­ken­de skaak­spe­ler.

Ons laat eg­ter geen drank of dwelms hier toe nie.

Le­de van die de­par­te­ment van ge­sond­heid het Huis El­pi­dos reeds be­soek en is ba­ie te­vre­de met ons inwoners se vordering. Ons is tans in die pro­ses om ons lisensie te hernu.

Ek wil die pu­bliek graag vra om e­ni­ge ou kle­re en ar­ti­kels wat nie meer ge­bruik word nie, aan ons te skenk. Ons kan dit in ons lief­da­dig­heids­win­kel her­stel en ver­koop vir ’n in­koms­te. E­ni­ge by­draes in die vorm van kon­tant en krui­de­niers­wa­re sal ook baie wel­kom wees.

Ons kontaknommer is tel. 082 335 6272.

Related Articles

Back to top button