Local newsNews

Regering looi Suid-Afrikaners

Die hele land sal op vlak 3-inperking bly, hoewel sekere beperkings voortaan strenger afgedwing sal word.

Pres. Cyril Ramaphosa het die land op Sondagaand 12 Julie laat regop sit toe hy strenger maatreëls aangekondig het om die verspreiding van die Covid-19-pandemie, wat soos ’n tsunami-golf aankom, te probeer beperk.

Sy boodskap aan die land was dat tussen 40 000 en 50 000 sterftes teen die einde van die jaar verwag word tensy Suid-Afrikaners drastiese aanpassings maak om die verspreiding van die virus te keer.

Die hele land sal op vlak 3-inperking bly, hoewel sekere beperkings voortaan strenger afgedwing sal word. Wetstoepassers sal ook strenger optree teen die-gene wat die reëls oortree, is die land gewaarsku en die ramptoestand is verleng tot Saterdag 15 Augustus. Nuwe maatreëls wat nou geld is onder meer dat daar weer ’n aandklokreël is, drankverkope is opnuut taboe en mense wat nie maskers in die openbaar dra nie, sal vervolg word.


Die volgende nuwe maatreëls geld nou:

Aandklokreël:
’n Aandklokreël geld van 21:00 tot 04:00. Slegs noodsaaklike wer-kers en mense wat ’n mediese krisis het mag gedurende hierdie tye rondbeweeg. Die res moet tuis bly.

Maskers:
Dit is verpligtend om monde en neuse in die openbaar met ’n masker te bedek, behalwe as jy straf oefen. Werkgewers kan vervolg word indien kliënte en personeel nie die wet toepas nie.

Familiekuiers:
Besoeke aan familie en vriende is steeds op die moenie-lysie. Pres. Cyril Ramaphosa het gesê hy besef dit plaas druk op families, veral op diegene met bejaarde ouers.

Rook:
Die wettige koop en verkoop van sigarette is steeds — ná meer as 100 dae — taboe. Die president het glad nie die bewerings oor die verkoop van onwettige sigarette aangeraak nie.

Alkohol:
Drankverkope is sonder waarskuwing weer opgeskort. Dit is glo om hospitaalbeddens wat weens drankverwante gevalle beset word, vir Covid-19-pasiënte beskikbaar te stel.

Openbare plekke:
Mense kan weer openbare parke besoek, maar moet veilige afstande handhaaf as hulle oefen. Strande bly steeds gesluit. Byeenkomste word nie toegelaat nie.

Taxi’s:
Taxi’s wat lang afstande reis, mag nie meer as 70% vol wees nie. Oor kort afstande mag hulle 100% vol wees, solank die taxi’s ontsmet word, insittendes maskers dra en die vensters oop is.

Veilings:
Veilings mag steeds gehou word solank daar streng by die regulasies gehou word.

Sport:
Groot sportbyeenkomste word steeds nie toegelaat nie. Oornagverblyf en plaaslike vlugte is steeds opgeskort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button