MunicipalNews

Munisipaliteit sluit deure oor Covid-19-geval

Die koronavirus (Covid-19) het die afgelope week ook aan die Bela-Bela-munisipaliteit se voordeur geklop.

Die munisipaliteit het op Sondag 12 Julie in ’n verklaring gesê die gebou in Chris Hani-straat sal vir 24 uur vir die publiek gesluit wees nadat ’n munisipale kontrakteur positief vir die virus getoets is.

Kabelo Mosito, munisipale woordvoerder, het by navraag gesê die kontrakteur het bykans ’n week lank werk vanuit die munisipale kantoor verrig.

Sover vasgestel kan word is die persoon tans in tuis-isolasie, het hy gesê en tot dusver is geen ander personeellid positief vir die virus getoets nie.

Die munisipale gebou was op Maandag 13 Julie vir die publiek gesluit sodat die kantore en kliëntedienssentrum ontsmet kon word.

Werksaamhede sou na verwagting op Dinsdag 14 Julie hervat het.

Related Articles

Back to top button