LettersOpinion

Kospakkies in Thabazimbi versprei

Daar is krag in gemeenskappe wat saamstaan.

Magdel Strauss, AfriForum-distrikskoördineerder, Limpopo, skryf:

AfriForum se Thabazimbi-suid-tak het verlede week gehelp om kospakkies aan minder­bevoor­regtes in die omgewing van Kromdraai, Leeupoort, Koedoeskop en Rooiberg te versprei. Daar is krag in gemeenskappe wat saamstaan.

Die produkte in die kospakkies is deur boere in die Thabazimbi-suid-omgewing geskenk.

Die tak sal deurlopend by die verspreiding van voedsel betrokke wees.

Mense kry tans baie swaar en dit is belangrik dat gemeenskappe mekaar in tye van nood moet ondersteun en ophef.

AfriForum is dankbaar vir elke skenking wat gemaak word, want dit bemagtig lede om die gemeenskap te help.

Related Articles

Back to top button