Local sportSport

Oppas vir dié oupas op die gholfbaan!

Dit is vroeg op ’n koue win­ters­og­gend en die gholf­baan se win­ters­gras lê nat en wag dat gholf­spe­lers spo­re daar­deur trap.

Die groep mans kom een-een aan en groet me­kaar op­ge­wek. Die kwink­slae vlieg heen en weer. Vroeg op Dins­dag- en Don­der­dagog­gen­de be­hoort die baan aan die Nyl­stroom-se­niors wat jare reeds week­liks by­mekaar kom vir ’n potjie gholf. So­wat 30 spe­lers be­hoort aan die groep en hul ouder­dom­me wis­sel van vroeë ses­tigs tot 95 jaar oud.

“Die ge­reel­de gholf­speel is ’n to­ni­kum vir ons al­mal. Ons speel nie om kam­pioe­ne te wees nie, maar om die spel te ge­niet. Dit is ’n af­wis­se­ling van die daag­lik­se roe­tine en die oefe­ning in die bui­te­lug is goed vir ons,” sê Koos Smit wat in die Ko­kan­je-aftreeoord woon. Hy lag. “My vrou is ook bly as ek gaan gholf­ speel!”

Dolf Britz, ’n fik­se 95 jaar oud, is die groep se oud­ste spe­ler. Hy was sy le­we lank lief daar­voor om aan sport deel te neem, ver­al rug­by. Hy woon in Tuin Tuis­te in Bela-Bela en speel al 40 jaar gholf. Voor hy in die Bos­veld kom af­tree het, was hy ’n diamant­sly­per in Al­ber­ton.

“Ek is baie dank­baar dat ek op hier­die ouder­dom nog sterk ge­noeg is om gholf te speel. Ek is ook dankbaar teenoor hier­die groep man­ne wat nog be­reid is om saam met my te speel!”

Die spe­lers se voor­gee­sy­fers wis­sel van 8 tot 36.

“Soms speel die een met die 8-voor­gee saam met een van dié met ’n 36-voor­gee. Dit pla ons glad nie,” het Smit ge­sê.

Hoe­wel die mees­te spe­lers al jare ­lank gholf ­speel, is daar van hul­le wat die sport eers on­langs aan­ge­pak het.

“Dit is ’n uit­een­lo­pen­de groep mense wat van oral af gekom het om hier af te tree en ’n wye ver­skei­den­heid be­roe­pe beoe­fen het. Dit sorg vir in­te­res­san­te ge­sels­kap en daar heers lek­ker kamera­de­rie on­der ons. ’n Klomp van die spe­lers kamp ge­reeld saam. As een van ons siek is, is die onder­steu­ning wat ons van me­kaar af kry baie op­beu­rend.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button