Local sportSport

Gimnaste kan weer tuimel

Die gimnastiekklubs van die Waterberg mag weer oefen!

Dié verblydende nuus kom ná drie maande waar gimnaste in afsondering was en nie formele afrigting of gimnastiekoefening gekry het nie. Die klubs in Bela-Bela, Modimolle en Mookgophong mag egter van Woensdag 1 Julie weer amptelik hul deure oopgooi en die apparaat afstof.

Volgens een van die afrigters in die Waterberg is gimnastiek ’n sportdissipline wat groot voordeel inhou vir deelnemers. Dit is nie net fisieke oefening nie, maar ontwikkel ook balans en konsentrasievermoë. Gimnaste het ook dissipline, deursettingsvermoë en leer selfvertroue aan. Volgens haar is gimnaste heel dikwels onder die toptien akademiese presteerders van hul skole.

Die afrigters sien baie daarna uit om weer hul klublede te sien, hoewel daar streng veiligheids- en voorsorgmaatreëls neergelê is om die Covid-19-pandemie te bekamp.

Ouers, klublede en voornemende lede is welkom om een van die drie klubs in die Waterberg te skakel. Die Naboomspruit-gimnastiekklub se verteenwoordiger is Landie van Wyk by tel. 076 676 2206, in Modimolle is Charlene Engelbrecht van die Ecarté-gimnastiekklub by tel. 082 339 3220 beskikbaar en in Bela-Bela is Petro von Alleman van die Warmbad-gimnastieklub die een om te bel by tel. 082 457 7567.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button