CrimeNews

Modimolle-polisie sê misdaadsyfer is laag

Kommer het by Modimolle-in­wo­ners ont­staan oor verskeie voorvalle van in­bra­ke by va­kan­sie­oor­de en pla­se in die omgewing.

AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, het egter aan Die Pos ge­sê die mis­daad­sy­fers is tans redelik laag. “Ons ervaar el­ke win­ter ’n toe­name in in­bra­ke by va­kan­sie­oor­de en on­be­woon­de hui­se waar kom­ber­se en toe­rus­ting ge­steel word. Dit ge­beur dik­wels in een­he­de wat afgesonder is of waar daar nie baie be­we­ging is nie,” het hy gesê.

Hy het ge­sê die polisie het ook nie ’n beduidende toe­na­me in oor­tre­dings ervaar se­dert die drank­ver­bod ge­lig is nie, hoe­wel som­mi­ge ander de­le van die land groot pro­ble­me daarmee er­vaar het.

“Daar was by ons ge­val­le van dronk­be­stuur tydens vlak 5 van die in­per­king, maar nie ’n toe­na­me se­dert ons op vlak 3 is nie.”

Hy het die laer mis­daad­sy­fers ge­deel­te­lik daar­aan toe­ge­skryf dat kroeë en sje­biens nie mag han­del dryf nie en hul klan­te dus nie onder die in­vloed van drank van daar af huis toe stap nie.

“Ons hoop van har­te dat die mis­daad­sy­fers so laag bly,” het hy ge­sê.

Related Articles

Back to top button