Local newsNews

Staatsaanklaer groet Suid-Afrika

Liezl het verskeie toekennings vir haar werk ontvang waarvan die mees onlangse die beste omgewingsaanklaer in 2015 en beste streekshofaanklaer in 2016 en 2017 insluit.

Staatsaanklaer Liezl del Frate het ná bykans 20 jaar van misdadigers op hul herrie in die hof gee, haar swart toga opgehang.

Sy en haar gesin wil die wêreld gaan verken en is op pad na Nederland. “Dit is daardie prentjie van die twee ouer mense wat vas aan die slaap in ’n bootjie in Venesië sit, wat ons laat besluit het om die skuif nou te maak voordat ons te oud is om dit te geniet. ’n Mens weet nooit wat môre inhou nie. Dit is vir ons ’n stap in geloof,” het sy gesê.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

“Ons vlug sou reeds op Maandag 1 Junie vertrek het, maar weens die inperking is dié planne vir eers uitgestel. Ons hoop dat dit so gou moontlik kan gebeur,” het sy gesê.

Liezl en haar man, Luciano, is boorlinge van die Bosveld. Liezl was ’n leerder van Laerskool Eenheid en het aan Hoërskool Nylstroom gematrikuleer. Luciano was ’n leerder aan Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong. Die egpaar het ’n ruk in Gauteng gewoon en in 2002 teruggekeer na Modimolle. Hul kinders is Giancarlo (matriek) en Liechané (gr. 10).

Liezl het verskeie toekennings vir haar werk ontvang waarvan die mees onlangse die beste omgewingsaanklaer in 2015 en beste streekshofaanklaer in 2016 en 2017 insluit.

Van die hoogtepunte as staatsaanklaer was ’n man wat in 2015 ’n vonnis van 80 jaar opgelê is vir veediefstal in Limpopo en Noordwes. Hy is by die Kranskop-tolhek aangekeer. Die vonnisse word gesamentlik uitgedien en hy moet altesame 16 jaar agter tralies deurbring.

Twee renosterstropers is ook in 2017 elkeen tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle op die Mabalingwe-natuurreservaat buite Bela-Bela aangekeer is nog voordat hulle ’n renoster kon stroop.

Vroeër vanjaar is drie mans wat selfoonwinkels in Modimolle en Mookgophong beroof het, ook lang vonnisse van tussen 10 en 14 jaar opgelê. Sy het saam met AO Ross Rossouw van die speurtak in Modimolle aan dié sake gewerk.

Sy sê hulle sal maar wag en sien wat die toekoms vir hul gesin in Nederland inhou.

“Luciano sal graag in die kosbedryf wil werk. Ek dink ek sal eers gaan kyk wat by die internasionale strafhof aangaan voordat ek ’n besluit neem.”


Baie dankie aan Pavecon sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button