CrimeNews

Drie vas oor onwettige sigarette

Drie verdagtes is op Maandag 25 Mei naby die Mantsole-weegbrug op die N1-snelweg in die Bela-Bela-gebied in hegtenis geneem met 1 000 pakke onwettige sigarette.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring gesê die drie verdagtes, Alemayenu Leta (42), Pieter Venter (28) en Amandul Biru (33) is deur die Modimolle-polisie in hegtenis geneem tydens ’n misdaadvoorkomingsoperasie.

Die drie het in hul voertuig op die vlug geslaan, maar is in die Bela-Bela-omgewing vasgetrek, het Mojapelo gesê.

Die drie het dieselfde dag in die Modimolle-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van onwettige sigarette.

Die saak is uitgestel na Woensdag 27 Mei vir verdere ondersoek.

Die drie is steeds in aanhouding, het Mojapelo gesê.

Related Articles

Back to top button