LettersOpinion

Dankie aan man met wit bakkie

In hierdie tyd van inperking is dit vir almal onrusbarend om te gaan inkopies doen.

Dankbare inwoner, Bela-Bela, via e-pos, skryf:

In hierdie tyd van inperking is dit vir almal onrusbarend om te gaan inkopies doen.

So kom ek by ’n bekende winkel uitgestap met my aankope vir oorlewing in die trollie en baie bewus van al die sanitasie- en sosiale afstandvoorskrifte vir ons veiligheid wat op elke geleentheid aan ons voorgehou word.

Skielik verskyn ’n jong man sonder masker langs my by my motor en hou nie die afstand nie.

Hy eis van my op ’n dreigende toon: “Ek vra jou kos en jou geld.”

Hoewel doodbenoud, hou ek my dapper en sê dat hy moet loop, maar hy staan nader. Ek bid hardop vir genade en opeens hou daar ’n vreemde man met ’n wit bakkie by ons stil en verjaag die persoon wat my bedreig het met ’n bulderende stem. Ek dink ek het dankie gesê, maar wil graag wéér my dank uitspreek. Hierdie was ’n gebedsverhoring. Meneer, ek weet nie wie en van waar jy is nie, maar ek bedank jou nogmaals hartlik.

Inwoners, wees bedag op vreemdelinge wat jou konfronteer wanneer jy alleen gaan inkopies doen.

Related Articles

Back to top button