CrimeNews

Diewe slaan toe op hotel

’n On­aan­ge­na­me ver­ras­sing het op per­so­neellede van die Shang­ri La Country Hotel and Spa tus­sen Mo­di­mol­le en Bela-Bela ge­wag toe hul­le vroeg­og­gend op Maan­dag 18 Mei be­sef het dat hul­le on­der in­bre­kers deur­ge­loop het.

Vol­gens AO. James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, het per­so­neel­le­de kort ná 06:00 be­sef iets skort. Die in­bre­kers het deur die loop van die nag 12 deu­re oop­ge­maak en uit el­ke ka­mer ’n te­le­vi­sie­stel ge­steel.

“Ons weet nie hoe hul­le die deu­re oop­ge­maak het nie, maar daar is 12 te­le­vi­sie­stel­le met die af­stand­be­heer­toe­stel­le weg,” het hy ge­sê.

Die ge­raam­de waar­de is so­wat R60 000.

Vol­gens Find­lay is dit die eers­te groot in­braak se­dert die gren­del­tyd se begin op Vry­dag 27 Maart. “Daar vind steeds van tyd tot tyd huis­brake en an­der klei­ner inbra­ke plaas,” het hy ge­sê.

  • Lenn Roy Jovner (24), wat op Woens­dag 29 April in die Supa Quick in Mo­di­mol­le in heg­te­nis ge­neem is op aanklag­te van be­drog, dief­stal, die be­sit van ver­vals­te geld, dwelm­han­del, die be­sit van ver­moe­de­lik ge­steel­de eien­dom en die ver­val­sing van geld, se aan­soek is op Dins­dag 12 Mei aan­ge­hoor. Borgtog is nie toe­ge­staan nie en Jof­ner moet weer op Dins­dag 2 Ju­nie in die hof in Mo­di­mol­le ver­skyn. Hy is aan­ge­keer na­dat hy glo ver­suim het om vir brand­stof by ’n vul­sta­sie in die dorp te be­taal. Die po­li­sie het vol­gens Find­lay ver­vals­te dia­man­te en R200-no­te, ju­we­le en me­tam­fe­ta­mien (“crystal meth”) in sy be­sit ge­vind. Soort­ge­ly­ke aanklag­te word in die Vaal­wa­ter- en Laers­drift-­om­ge­wings teen Jovner ondersoek.

Related Articles

Back to top button