Local newsNews

Tuindienste se masjinerie staan stil

“As die situasie en kliënte se geldsake herstel, kan ons weer begin werk, maar intussen is daar geen werk en dus geen inkomste nie.”

Al het sekere Vlak 4-werkers ingevolge wetgewing weer op Vrydag 1 Mei teruggekeer werk toe, is ander plekke soos eiendomsagentskappe, tuindienste, haarsalonne, teaters, dobbelhuise en meubelvervoerplekke steeds nie oop vir sake nie.

Kobus Small, eienaar van Warmbad Tuindienste, het aan Die Pos gesê hy wik en weeg oor wat hom te doen staan.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

“As die situasie en kliënte se geldsake herstel, kan ons weer begin werk, maar intussen is daar geen werk en dus geen inkomste nie,” het hy gesê.

“Die winter kom nader en minder kliënte maak dan van tuindienste gebruik. Ons sal dus eers in die lente weer werklik kan werk, maar op die oomblik staan al ons masjinerie doodstil.”

Die ses werkers wat hom help om kliënte se tuinwerk te behartig, is intussen aangeraai om van die werkloosheidsfonds te eis. Small sê daar is ook van sy kliënte wat nou sélf onder geweldige geldelike druk verkeer en daarom in elk geval ná die inperking sal sukkel om tuindienste te bekostig.

Hy en sy vrou, Emmerentia, hou intussen net kop bo water omdat sy steeds ’n inkomste verdien.

“Ek is bekommerd. Ek hoop die situasie herstel gou, want Warmbad Tuindienste wil graag weer werk en omsien na mense se tuine.”

Related Articles

Back to top button