Local newsNews

Infeksietelling in Waterberg steeds laag

In die Waterbergstreek is daar tot dusver 17 infeksies aangeteken met slegs ses mense wat tans siek is.

Die Limpopo-provinsie, asook die Waterbergstreek, is tot dusver steeds aan die stil kant op die Covid-19-front.

Teen Sondagaand 10 Mei was daar altesame 54 gevalle in Limpopo, waarvan 30 mense reeds herstel het, het Thilivhali Muavha, woordvoerder van LUR vir gesondheid, dr. Phophi Ramathuba, in ’n verklaring gesê. Drie mense het tot dusver in Limpopo aan die siekte gesterf en daar is 21 aktiewe gevalle.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

In die Waterbergstreek is daar tot dusver 17 infeksies aangeteken met slegs ses mense wat tans siek is. Die gevalle wat tot dusver aangemeld is, was ’n bejaarde man in Bela-Bela (reeds herstel), Modimolle (twee dokters wat reeds herstel het), Mokgalakwena/Mokopane (vier gevalle waarvan slegs een aktief is) Lephalale (nege gevalle waarvan vier gevalle aktief is) en Thabazimbi (een geval wat tans aktief is). Geen sterftes is nog in die distrik aangeteken nie.

Wat aktiewe gevalle in die res van die provinsie betref, is daar in die Capricornstreek een geval in Blouberg, drie in Lepelle-Nkumpi, een in Molemole en nege gevalle in Polokwane. In die Sekhukhune-streek is daar drie aktiewe gevalle in die Groter Tubatse/Fetakgoma-streek en een aktiewe geval in die Groter Giyani in die Mopanistreek.

Daar word wyd verwag dat die aantal positiewe gevalle sal styg sedert die beweging van mense die afgelope week toegeneem het.


Baie dankie aan Fruit & Veg Bela-Bela sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button