Local newsNews

Inperking pootjie drukkers

“Ek is positief oor die toekoms, want ons vertrou ten volle op die Here.”

Die Pos het met Agathe en Guy O’Callaghan in Mookgophong gesels oor hoe die inperking dié egpaar se sakeonderneming, I Signs, raak.

Die O’Callaghans het ’n tuisonderneming wat plakkers en advertensieborde druk.

Hulle kon gelukkig steeds ’n inkomste verdien, aangesien I Signs boere in die omgewing se plakkers vir groente druk en ook die bordjies druk vir plaaslike begrafnisondernemings. Hulle kon op Maandag 4 Mei vir die eerste keer weer hul deure amptelik vir die publiek open.

Hulle het egter ’n groot deel van hul inkomste verloor omdat hul grootste kliënte in die gasvryheidsbedryf is en dus glad nie mag sake doen nie. “Hoewel ons omset met 50% verlaag het, is ons gelukkig dat ons nog ’n inkomste gehad het. Ons moes sonder ons werkers voortgaan, maar ons is dankbaar vir wat ons het,” het Guy gesê.

Albei sê hulle is nie bevrees oor die toekoms nie, maar vertrou op die Here.

“Niks sal in die toekoms dieselfde wees nie en almal sal moet aanpassings maak. Ons ook,” het Agathe gesê.

“Ek is positief oor die toekoms, want ons vertrou ten volle op die Here. As ons sterf weens Covid-19, sal ons ook weet dat dit Sy wil is,” het Guy gesê.

Guy sê hulle het hulself al jare daarop voorberei om selfversorgend te wees en het ’n groot groentetuin en hoenders wat vir kos op die tafel kan sorg.

Related Articles

Back to top button