Local sportSport

Manne met lang asems en slim planne durf stryd aan

Die plasing van dié berig op Die Pos se Facebookblad is moontlik gemaak deur Brand It.

Ds. Bernard Hattingh van die Gereformeerde Kerk Warmbad in Bela-Bela en Neels Venter, voorsitter van die plaaslike marathonklub, is manne met lang asems en baie planne.

Hattingh het op Saterdag 25 April ’n halfmarathon op die kerkterrein afgelê. Hy het aan Die Pos gesê Venter, voorsitter van die Warmbad-marathonklub, het hom uitgedaag om 21 km by die kerkterrein af te lê, terwyl Venter op dieselfde tyd 21 km op sy hoewe buite die dorp aflê.

 

https://www.facebook.com/gkwarmbad/videos/3975086149198664/?t=36

 

Albei mans het die moordende Comrades-marathon al ’n paar keer aangepak.

Die doel met dié poging was om geld vir kindertehuise in Pretoria, Reddersburg, Bela-Bela en Modimolle in te samel. Hattingh het gesê mense het donasies gegee vir elke kilometer wat afgelê is. Veral die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle, wat tans baie swaar gebuk gaan onder die kwynende ekonomie, het op dié mans se harte gedruk.

 

ADVERTENSIE / ADVERTISEMENT

 

Albei deelnemers het vooraf die onderskeie roetes uitgemeet. Hattingh het die GPS-toep op sy slimfoon gebruik om die afstand uit te werk en moes ’n hele paar keer om dieselfde boom hardloop.

“Neels het my stukkend gehardloop. Hy was lank voor my klaar. Nou sit ons en vryf maar die spiere, want dit was vir ’n goeie saak,” het Hattingh gesê.

Albei mans het die afstand in minder as drie ure afgelê.

Hattingh het gesê dié fondsinsameling is deur die Gereformeerde Kerk in Bela-Bela se diakonie bestuur en daar het reeds duisende rande se skenkings ingekom voordat hulle begin hardloop het.

Mense wat tot die fonds wil bydra, kan vir Heiletta Bievenga vir donasies bel tak by tel. 082 561 7637.


Baie dankie aan Brand It sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button