CrimeNews

Vermeende spoedvraat op N1 voorgekeer

Die plasing van dié berig op Die Pos se Facebookblad is moontlik gemaak deur André Kock en Seuns.

’n Vermeende spoed­vraat is op Son­dag 19 A­pril op die N1-snel­weg in die Be­la-Be­la-ge­bied deur ver­keers­o­wer­he­de voor­ge­keer.

Volgens die polisie het die man 198 km/h in ’n 120 km-so­ne gery. Hy was van Lim­po­po na Jo­han­nes­burg onderweg.

 

ADVERTENSIE/ADVERTISEMENT

 

Vol­gens die pro­vin­sia­le ver­keers­af­de­ling is die 28-ja­ri­ge ver­dag­te en sy wit Mer­ce­des Benz di­rek na die Be­la-Be­la-po­li­sie­sta­sie ge­neem.

Sers. Frans Ma­pon­ya, po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die man moet op Don­der­dag 7 Mei in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ver­skyn.

Hy is in­tus­sen op borgtog van R1 000 vry­ge­laat.


Baie dankie aan André Kock en Seuns sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button