LettersOpinion

Só word rokers uitgebuit

Ek weet dit is tans onwettig om sigarette te verkoop, maar ek dink almal is seker bewus daarvan dat dit steeds moontlik is.

Leser, Modimolle, skryf:

Ek wil graag iets van my hart kry en daarom dié brief aan Die Pos.

Ek rook al 22 jaar lank en geniet dit om te rook. Ek gaan nie, en wil nie, ophou rook net omdat ek verbied word om sigarette te koop nie. Ek het nog nooit ’n poging aangewend om op te hou rook nie en ek dink ook nie ek sal dit ooit doen nie.

Ek weet dit is tans onwettig om sigarette te verkoop, maar ek dink almal is seker bewus daarvan dat dit steeds moontlik is. My probleem is die volgende: Rokers word tans ontsettend uitgebuit. Hier is plekke in Modimolle wat steeds sigarette “onder die toonbank” verkoop.

My sigarette het normaalweg R280 tot R300 per karton gekos. Toe die verbod op sigarette geplaas is, het my boks se prys opgeskiet van R300 na R400 en nou na meer as R600. En daar is niks wat ek daaraan kan doen nie, want ek word reguit vertel “ek kan vra wat ek wil en jy kan betaal of daarsonder bly”. En moet vir geen oomblik dink die polisie weet nie dat dié man sigarette verkoop nie, want hulle koop daagliks self by hom teen die normale prys.

Die president het vir mense soos dié ’n manier gegee om ons rokers uit te buit en toe te laat dat hulle daarmee wegkom.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button