MunicipalNews

Te vroeg om te sê oor mu­ni­si­pa­le hef­fings

Duisende Suid-Af­ri­ka­ners se koskaste is vol nood­saak­lik­he­de, maar hulle is ook bekommerd oor mu­ni­si­pa­le diens­te soos wa­ter, krag en vul­lis­ver­wy­de­ring­.

Talle inwoners wil by Die Pos weet hoe hul­le vir diens­te gaan be­taal indien hulle nie werk nie en daarom moontlik minder of geen salarisse aan die einde van A­pril sal ont­vang nie.

Volgens die Be­la-Be­la-mu­ni­si­pa­li­teit kan inwoners beslis steeds ’n re­ke­ning ver­wag, want basiese dienste moet ingevolge wetgewing steeds tydens die inperkingstydperk gelewer word.

Je­re­miah Ngo­be­ni, bur­ge­mees­ter, as­ook Ti­nus Ras, DA-raads­lid, het aan Die Pos be­ves­tig dat die hui­di­ge kre­diet­be­heer­stel­sel van die mu­ni­si­pa­li­teit steeds van krag is.

Mel­vin Ma­ru­tha, hoof- ­fi­nan­sië­le ­beamp­te by die munisipaliteit, het by na­vraag aan Die Pos ge­sê daar is plan­ne om te kyk hoe die mu­ni­si­pa­li­teit in­wo­ners te­ge­moet kan kom, maar dié planne is nog glad nie gefinaliseer nie.

Hy het ook be­ves­tig dat die mu­ni­si­pa­li­teit in geen posisie is om mu­ni­si­pa­le skuld sum­mier af te skryf nie. Ingevolge die be­staan­de be­leid word in­wo­ners wie se rekeninge ag­ter­stal­lig is, aan­ge­raai om reë­lings met die mu­ni­si­pa­li­teit te tref om hul re­ke­ning­e oor ’n tydperk af te betaal.

Ras het ge­sê die mu­ni­si­pa­li­teit verkeer reeds on­der fi­nan­sië­le druk en daarom is dit belangrik vir die dorp dat inwoners hul rekenings bly vereffen.

Men­se wat hul mu­ni­si­pa­le re­ke­ning­e wil be­taal, kan in­tus­sen ook ket­ting­win­kels soos Shop­rite en Checkers, wie se deu­re oop sal wees tydens die 21 dae in­per­kings­tyd, be­soek en dit daar be­taal.

Jo­han Mills, voor­sit­ter van die Be­la-Be­la-be­las­ting­be­ta­lers­fo­rum (BBTF), het op sy beurt aan Die Pos gesê hy is bevrees dat die in­per­kings­tyd die plaas­li­ke werk­loos­heid­sy­fer kan ver­hoog.

Be­la-Be­la-in­wo­ners kan voor­lo­pig nu­we mu­ni­si­pa­le re­ke­ning­e teen Vry­dag 17 A­pril verwag.

Related Articles

Back to top button