LifestyleRecipes

Bly so besig én positief by die huis

O, om by die huis te kan bly en gehaltetyd met jou gesin te hê — baie van ons smag na so ’n geleentheid.

Wanneer die kinders moeg raak vir hul selfone, tablette en Playstations, kan ons teruggryp na dinge uit ons eie kinderdae soos soutklei en gebakte klei.

Soutklei
Bestanddele:
• 2 k koekmeel
• ½ k sout
• ½ k water
• 1 eetlepel sonneblomolie
• koekkleursel

Metode:
1. Meng die water en sonneblomolie.
2. Meng die sout en meel deeglik met jou hande. As die klei te styf is, voeg nog water by.
3. Kleur dit met koekkleursel en meng weer. Bêre in ’n lugdigte houer of plastieksakkie.

Gebakte klei
Bestanddele:
• 4 k meel
• 1 k sout
• 1 ½ k water

Metode:
1. Meng bestanddele deur dit deeglik met jou hande te meng.
2. Druk figuurtjies met koekiedrukkers uit of vorm met hande. Bak vir ’n uur lank teen 175ºC. Wanneer dit afgekoel is, verf en vernis dit.

Seepborrels:
Bestanddele:
4 eetlepels water
1 eetlepel skottelgoedseep
2 eetlepels suiker

Metode:
1. Meng die water en seep deeglik in ’n klein bakkie sonder dat dit skuim.
2. Voeg die suiker by en roer versigtig totdat alles opgelos is.
3. As jy winterhandskoene aantrek, sal die borrels nie bars as jy dit op jou hand laat bons nie.


  • Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button