LettersOpinion

VF Plus veroordeel Limpopo-plaasmoord

Die jongste plaas­aanval en -moord naby Mook­go­pong, Lim­popo, is ’n duide­like bewys dat dié soort mis­daad tot ’n priori­teits­mis­daad verklaar en as sulks han­teer moet word.

Marcelle Maritz, Vryheids­front Plus, pro­vin­siale leier: Lim­popo, skryf:

Die jongste plaas­aanval en -moord naby Mook­go­pong, Lim­popo, is ’n duide­like bewys dat dié soort mis­daad tot ’n priori­teits­mis­daad verklaar en as sulks han­teer moet word.

Alwyn van Zyl (79) en sy vrou, René, is in die vroeë oggend­ure deur aan­vallers in hul huis oor­val. Van Zyl is vasge­bind en ver­wurg. Sy vrou het ligte bese­rings op­gedoen en is uiters getrauma­tiseerd.

Drie van die aanvallers is vasgetrek terwyl die ander een nog op vrye voet is.

Die VF Plus be­dank die misdaad­bekam­pings­organi­sasie, Heritage Protec­tion Group (HPG) en die polisie vir hul vinnige optrede en spreek die hoop uit dat die ander voort­vlug­tige binne­kort vas­getrek sal word.

Die VF Plus sal aan­hou veg vir ’n nood­saak­like spesiale lande­like beveiligings­een­heid wat hom toe­spits op die voor­koming van plaas­aanvalle en in same­werking met boere en ander veilig­heids­forums werk om hierdie soort misdaad te bekamp.

Die VF Plus spreek sy mee­gevoel uit met Van Zyl se vrou, René, sy familie en naas­bestaandes en wens René ’n spoe­dige herstel toe.

Related Articles

Back to top button