Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Thabazimbi se plaaslike munisipaliteit het die afgelope week met herstelwerk aan dié dorp se rioolstelsel, asook opruimingswerk aan die stortingsterrein, begin. Dit volg nadat die Vryheidsfront Plus hulle by die (MRK) verkla het. Marcelle Maritz, die party se provinsiale leier, het aan Die Pos gesê die party verwelkom die positiewe stappe van die munisipaliteit en sal aanhou om druk uit te oefen om die nodige dienste aan die inwoners van Thabazimbi te lewer. Foto: Verskaf

 

Kleinsakeondernemings op die platteland lê Die Pos na aan die hart en daarom reik ons graag ’n sakehand na dié ondernemings. Ananda Oosthuizen, wat naaldwerkverstellings in Modimolle doen, is ’n getroue adverteerder. Petro Greeff van Die Pos se Modimolle-kantoor (regs) het onlangs gaan inloer met ’n droëvrugteruiker. Ons moedig ander sakeondernemings aan om ook na mekaar uit te reik in dié moeilike ekonomiese omstandighede.

 

Die eienaar van SuperSpar Bela-Bela het twee bykomende mense aangestel om die verspreiding van die Corona-virus te help voorkom. Op die foto is Matlhatsi Setlhare wat kliënte voorsien van ’n trollie wat met spesiale skoonmaakmiddels ontsmet is en kliënte by hul aankoms van handreiniger voorsien. By hom is Kobie van Staden van Bela-Bela wat hom bedank vir sy vriendelike en flinke optrede.

 

Die personeel van SuperSpar Bela-Bela het dadelik voorkomende maatreëls ingestel om die gevreesde Corona-virus te help bekamp. Op die foto is Louisa Seema, ’n kassiere, in beskermende klere. Sy sê sy verkies om handskoene en ’n masker te dra, want sy werk heeldag met geld.

 

Die Pos se kantore is ook gereed om kliënte te help om hul hande te reinig. Op die foto wys Maria Makwela en Maria Oberholzer van die Bela-Bela-kantoor hoe die handreiniger by ons kantoor in Bela-Bela gebruik word.

 

Johann Abrie wat buite Modimolle boer, beduie aan sy werkers hoe om te nies of te hoes om die verspreiding van die Corona-virus te beperk. “Die virus raak ons almal en dit is nodig dat elkeen weet hoe om die verspreiding daarvan te verhoed,” het hy gesê. Foto: Facebook

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button