CrimeNews

Polisie lê op nóg dag­ga beslag

Die ver­koop van dag­ga bly steeds ’n mis­daad en die po­li­sie moet bepaal of ’n ge­brui­ker in­ heg­te­nis ge­neem moet word of nie.

Die oorweldigende reu­k van dag­ga het op Vry­dag 6 Maart in die lug ge­hang by die Be­la-Be­la-po­li­sie se sto­re na­dat die polisie op 68 dag­ga­plante in Uit­brei­ding 9 in die Be­la-Be­la-town­ship be­slag ge­lê het.

Agt ver­dag­tes wat by die kweek van die plante be­trok­ke was, is in ­heg­te­nis ge­neem, het sers. Frans Ma­pon­ya, po­li­sie­woord­voer­der ge­sê.

Die po­li­sie het die vorige ­week in die Hla­lam­py­a-uit­brei­ding op 36 dag­ga­plante beslag gelê en ’n 42-ja­ri­ge man in ­heg­te­nis ge­neem.

In albei ge­val­le is die ver­dag­tes daar­van be­skul­dig dat hul­le onwettig dag­ga ge­kweek het en is hulle die geleent­heid gebied om skuld­er­ken­nings­boe­tes te be­taal.

Ma­pon­ya het ge­sê die groep van agt ver­dag­tes het boe­tes van tus­sen R150 en R500 elk be­taal en is daarna vry­ge­laat.

Die po­li­sie staan ure se tyd en hulp­bron­ne aan soortgelyke operasies af in afwagting van die par­le­ment se wetgewing oor die pre­sie­se voor­skrif­te vir die verbou en ge­bruik van dag­ga. Die grond­wet­hof het in 2018 bevind dat dag­ga in pri­vaat be­sit mag wees en vir privaat gebruik gekweek mag word.

Die ver­koop van dag­ga bly steeds ’n mis­daad en die po­li­sie moet bepaal of ’n ge­brui­ker in­ heg­te­nis ge­neem moet word of nie, het die uitspraak bepaal.

Ma­pon­ya het gesê die hoeveelheid dagga waarop in dié twee gevalle beslag gelê is, was heel waarskynlik nie net vir persoonlike gebruik nie, maar vir die verkoop of verspreiding van dagga.

Hoe­wel die po­li­sie nog kop­krap oor die wet­ti­ge hoe­veel­heid dag­ga, het ’n top­of­fi­sier vroeër genoem ’n riglyn is vyf 20-gram dag­ga­sak­kies per persoon en on­ge­veer vyf plante in ’n erf. Die parlement sal hopelik teen Sep­tem­ber uitsluitsel hieroor gee.

Related Articles

Back to top button