CrimeNews

Kul jou hier, kul jou daar!

Die Mo­di­mol­le-po­li­sie waar­sku in­wo­ners om op hul hoe­de te wees vir slink­se ma­nie­re waar­op skelms hul­le uit hul swaar­ver­dien­de geld wil kul.

“Ons het ’n ge­val ge­had waar ’n in­wo­ner ’n sel­foon via Facebook ge­koop het en die ver­ko­per dit met ’n ket­ting­win­kel­groep se koe­rier­diens ge­stuur het. Die in­wo­ner wou die pak­kie af­haal, maar het aan­van­klik ge­suk­kel om die veilig­heids­kode te kry so­dat die pak­kie oor­han­dig kan word. Toe sy uit­ein­de­lik die pak­kie kry, was daar slegs ’n paar ou san­da­le in en geen te­ken van ’n sel­foon nie,” het AO James Find­lay, woord­voer­der van die sta­sie, ge­sê.

Die po­li­sie on­der­soek die saak om te be­paal of die mis­daad deur die ver­ko­per of iemand by die koe­rier­diens ge­pleeg is.

Find­lay waar­sku in­wo­ners om baie skep­ties te wees indien iemand hul­le vra om ’n be­drag in te be­taal.

“Men­se wou al geld leen by ’n fi­nan­siële maat­skap­py wat ge­ad­ver­teer het dat hul­le le­nings hanteer. Hul­le moes eg­ter eers ’n be­drag in­be­taal voor­dat die geld aan hul­le ge­leen sou word. Kort daar­na het die “maat­skap­py” spoor­loos ver­dwyn en was die inwoners hul geld kwyt.”

Hy waar­sku die­gene in die gas­vry­heids­be­dryf om veral ver­sig­tig te wees. Ver­blyf­plek­ke het on­langs deur­ge­loop on­der ’n per­soon wat kas­tig ver­blyf be­spreek. Hy vra dan of hul­le vir hom geld op sy sel­foon kan oor­be­taal, want hy wil sy GPS ge­bruik om­dat hy bang is hy ver­dwaal.

“Die per­soon daag dan na­tuur­lik nooit op vir die be­spreek­te ver­blyf nie,” het Find­lay ge­sê.

Related Articles

Back to top button