Local newsNews

Moenie houtgerus oor bek-en-klouseer wees

Rol­spe­lers in die vee­be­dryf meen pro­du­sen­te moenie té ge­rus wees na­dat die ver­bod op vei­lings weens die uitbraak van bek-en-klou­seer in Fe­brua­rie op­ge­hef is nie.

Die siekte het in No­vem­ber 2019 in die Mo­le­mo­le-ge­bied, noord van Po­lok­wa­ne, uitgebreek.

Die vee­be­dryf is daarna op sy knieë gedwing met vei­lings en vee­ver­voer wat daarna land­wyd verbied is. Die vi­rus het aan­vank­lik in Jan­ua­rie 2019 in die Vhem­be-om­ge­wing ont­staan en daar is vas­g­estel dat die tweede uitbraak met die eerste een verband hou.

Tho­ko Di­di­za, mi­nis­ter van land­bou, het in die Staats­koe­rant er­ken die vi­rus is steeds nie ten vol­le on­der be­heer nie en die no­di­ge bio-vei­lig­heids­maat­reëls moet deur vei­lings­hui­se en vee­boe­re gevolg word.

Daar is ook ver­eis dat al­le vee-a­gen­te by die raad vir land­bou en pro­du­seer­der-a­gen­te (APAC) ge­re­gis­treer moet wees voordat hulle veilings mag aanbied.

Die pre­sie­se voorwaardes, riglyne en beplanning sou na ver­wag­ting aan die ein­de van Fe­brua­rie in die Staats­koe­rant ge­publiseer word, maar vol­gens Wil­lem van Jaars­veld, voor­sit­ter van die Lim­po­po-die­re­ge­sond­heids­fo­rum en voor­sit­ter van die bek-en-klou­seer­forum (BK Fo­rum) is dit nog nie gedoen nie.

“Indien rolspelers slaplê en nie die be­staan­de voor­sorg­maat­reëls tref nie, loop ons die gevaar om weer dieselfde probleme as verlede jaar te kry. Hoe­wel die re­ge­ring on­der­soeke ge­doen het oor die oorsprong van die gevreesde siekte, is daar nog nie vasgestel hoe wyd die siekte versprei het nie en die beweging van moontlik besmette diere kon nog nie vasgestel word nie,” het hy ge­sê.

Die Wa­ter­berg- en Sek­huk­hu­ne-ge­bie­de was tot dus­ver ge­luk­kig om die ge­vrees­de siek­te vry te spring, maar ge­bie­de soos Mo­pa­ni, Vhem­be en Mo­le­mo­le is uitgewys as gebiede waar die siekte voorgekom het, het Van Jaars­veld ge­sê.

“Wat ons be­kom­mer is dat daar men­se is wat nie maat­reëls nakom nie. Van die rolspelers is traag om ’n finansiële uitgawe aan te gaan en ander is net onwillig om saam te werk. Selfs om vee te brand­merk, wat deur die wet vereis word, word ge­ïg­no­reer. Ons het reeds van ge­val­le ken­nis ge­neem waar vee­boe­re met vee by ’n vei­ling op­ge­daag het wat steeds on­der kwa­ran­tyn is.”

Van Jaars­veld meen die re­ge­ring moet spesiale opleiding verskaf aan boere wat op gemeen­skaps­grond boer en nie altyd oor die nodige kennis van vee­siektes en regu­lasies beskik nie. Kom­mer­sië­le boe­re wat goed in­ge­lig is, moet ook nie ag­ter­lo­sig raak nie.

Van Jaarsveld het gesê die forum moniteer steeds die situasie.

  • Die­re wat simp­to­me van die siek­te toon, mag steeds nie ver­voer word nie. Vee moet van be­trou­bare bron­ne be­kom word, ko­pers moet op ’n vry­wa­ring­ser­ti­fi­kaat van ’n er­kende vee­arts aan­dring en wanneer hulle nu­we vee by ’n bestaande kudde voeg, moet die nuwe vee eers ge­ï­so­leer word om te be­paal of hul­le die siek­te dra of nie. Slegs goedgekeurde abattoirs mag vee slag.

Related Articles

Back to top button