CrimeNews

Beweerde bedrog by munisipaliteit onder soeklig

Bewerings van bedrog by die Bela-Bela-munisipaliteit wat glo al maande lank stilgehou word, het die afgelope week aan die lig gekom.

Luidens ’n verklaring wat Die Pos onder oë gehad het, is ’n bedrag van ongeveer R1,7 miljoen glo in April 2019 by die munisipaliteit verduister. Dié geld was glo veronderstel om in die departement van openbare werke aangewend te word.

Luidens die verklaring het ’n onbekende persoon vermoedelik met die munisipale netwerk gepeuter en is die bankrekening van die ontvanger moedswillig en sonder goedkeuring verander.

Die verteenwoordiger van die munisipale ouditafdeling het ’n klag van bedrog by die polisie gelê nadat die vermeende bedrogspul ontdek is, het Tinus Ras, DA-raadslid, aan Die Pos gesê.

Daar is na verneem word ’n dissiplinêre verhoor aan die gang. Sover Die Pos kon vasstel word drie amptenare by die ondersoek betrek.

Die saak is reeds na die polisie se kommersiële misdaadeenheid oorgeplaas. Die direktoraat vir prioriteitsmisdade (die Valke) het ook van die ondersoek kennis geneem, het Ras gesê.

Die Pos het talle versoeke om kommentaar aan Kabelo Mosito, munisipale woordvoerder, gerig, maar teen druktyd het hy nie terugvoer gegee nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button