CrimeNews

Man in hegtenis oor daggaplante

Tal­le men­se word steeds weens die be­sit en ver­sprei­ding van dag­ga in ­heg­te­nis ge­neem on­danks die grond­wet­hof se uit­spraak van 2018 dat men­se dag­ga vir privaat gebruik mag kweek, besit en gebruik.

Die Be­la-Be­la-po­li­sie het op Don­der­dag 27 Fe­brua­rie ’n 42-ja­ri­ge man in die Hla­lam­py­a-uit­brei­ding in die Be­la-Be­la town­ship in ­heg­te­nis ge­neem toe hulle op 36 dag­gaplante in sy erf afgekom het.

Die waar­de van die dag­ga word geraam op on­ge­veer R3 000, het brig. Mot­la­fe­la Mo­ja­pe­lo, pro­vin­sia­le po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê. Die man is daar­van aan­ge­kla dat hy die dag­ga on­wet­tig verbou het.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die hoe­veel­heid dagga wat ge­vind is, maak dit onwaarskynlik dat dit slegs vir persoonlike gebruik aangewend sou word.

Die ver­dag­te sal na ver­wag­ting op Don­der­dag 26 Maart in die hof ver­skyn, maar is die kans ge­gun om ’n skuld­er­ken­nings­boe­te te be­taal, het Ma­pon­ya ge­sê.

  • Reg­ter Ray­mond Zon­do het in Sep­tem­ber 2018 die par­le­ment 24 maan­de tyd ge­gun om die wet te ver­an­der. Daar sal waar­skyn­lik voor Sep­tem­ber van­jaar duidelikheid ge­gee kan word oor die wet­ti­ge hoe­veel­hede wat dag­ga­ge­brui­kers in hul pri­vaat be­sit mag hê.Mense wat met dag­ga in die openbaar be­trap word, kan summier in ­heg­te­nis ge­neem word, het die po­li­sie vroe­ër ge­sê.

Related Articles

Back to top button