Local sportSport

Frikkies is breëbors

Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi se vreugdevure brand hoog ná afloop van die jaarlikse Bosveld Interhoër wat op Saterdag 29 Februarie by Hoërskool Nylstroom plaasgevind het.

Die Frikkies het skitterend op die veld én pawiljoen presteer. Die skool het vir die vyfde agtereenvolgende jaar die sangtrofee, asook die opkoms- en dirigentetrofee, ingepalm. Hulle het saam met Hoërskool Piet Potgieter die tweede plek op die atletiektelbord ingeneem. Hoërskool Ellisras het as die atletiekwenners uit die stryd getree.

 

Hazel Kennedy (meisies o.19) is ’n Frikkie wat tydens die jaarlikse Bosveld Interhoër eerste plekke in die 100 en 400 m hekkies behaal het.

 

Die Frikkies se senior dogters en junior seuns, asook die gesamentlike seunsspan, het die algehele tweede plek behaal en die aflosbeker vir seuns losgehardloop. Dit is die derde keer dat hulle dié trofee die afgelope 20 jaar dat Frikkie Meyer deel is van die Bosveld Interhoër, inpalm. Frikkie Meyer was verlede jaar net een punt agter Ellisras, wat die beker huis toe geneem het.

Die seunsaflosse is afgerig deur Elmien Fouché wat baie tyd en energie ingesit het om seker te maak dié trofee word vir die volgende jaar by die Frikkies uitgestal.

Die skool se individuele atlete het ook puik gevaar en 15 goue, 28 silwer en 22 brons medaljes ingepalm.

Kwena Morumudi het in al drie sy items (100 m, 200 m en 400 m) meer as 800 punte op die Absa-tabel aangeteken. Die ander atlete wat meer as 800 punte op dié tabel aangeteken het, is Chenell Fouché, Junior Mkhabela, Cara Pieterse en Reneilwe Ntsimane.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button