LettersOpinion

Verdwyning van egpaar bly ’n raaisel

Aan die voet van hier­die berg het die be­jaar­de Ol­ckers-eg­paar ge­du­ren­de die be­gin van die 1970’s ge­boer toe hul­le spoor­loos ver­dwyn het.

Gawie Rich­ter, Mo­di­mol­le, skryf:

Wan­neer inwoners weer met die ou­ pad tus­sen Mook­go­phong en Moko­pa­ne ry en by Moord­drift kom, let gerus op die berg­reeks regs in die ver­te.

Aan die voet van hier­die berg het die be­jaar­de Ol­ckers-eg­paar ge­du­ren­de die be­gin van die 1970’s ge­boer toe hul­le spoor­loos ver­dwyn het.

Hul­le het ’n aan­ge­no­me seun ge­had en dié se dog­­ter doen steeds na­vraag oor die ver­dwy­ning van haar ouma en oupa.

On­ge­luk­kig is die on­der­soek­beamp­te oor­le­de, maar mag die vol­gen­de in­lig­ting lei tot be­rus­ting.

’n Man is ná die ver­dwy­ning van die eg­paar by die Sil­ver­ton-po­li­sie­sta­sie aan­ge­hou. Hy het glo sy aandeel in die egpaar se moord be­kend ge­maak en sou die vol­gen­de dag die ly­ke gaan uit­wys.

Daar­die nag het hy hom­self in sy sel op­ge­hang en is sy me­de­plig­ti­ge ty­dens ’n jaag­tog in ’n ge­steel­de mo­tor dood­ge­skiet.

Dit het die on­der­soek na die ver­dwy­ning van die Olckers-eg­paar af­ge­sluit. ’n Raaisel wat ná al die jare steeds nie opgelos is nie.

Related Articles

Back to top button