LettersOpinion

Nylies skitter met skrikkeljaar-interhoër

Kompli­mente strek vanaf die fynste, kleinste besonder­heid tot die stewigste, grootste konstruk­sie

Santie Gilden­huys, Hoër­skool Nylstroom, Modi­molle, skryf:

Die bekende sport­belofte lui: “As die Groot Teller eendag teen­oor jou naam skryf, skryf Hy nie dat jy gewen of ver­loor het nie, maar hoe jou gesind­heid in die stryd was.”

’n Klompie jare gelede was daar ’n Suid-Afri­kaanse buik­spreker met sy pop, Tommy Thompson, wat deur die land gereis en gehore ver­maak het.Tommy se gunste­ling­sê­ding was: “Keer my of ek keer myself!”

Vandag kan ons hoog in ons skik terug­kyk op Hoër­skool Nyl­stroom se skrik­kel­jaar­aan­bieding van Inter­hoër 2020. Keer ons of ons keer onsself, want die hele Nyl­stroom­gemeen­skap bars uit hul Nylie-nate van trots oor dié dag.

Inter­hoër 2020, wat saam­geval het met die skool se 80ste verjaar­dag, was werk­lik ’n vertoon­venster vir ons dorp, ons mense en veral ons jong­mense se lewens­vreugde en talente.

Dit was wonder­lik om Hoër­skool Ben Viljoen, Hoër­skool Ellisras (wenners: atletiek), Hoër­skool Frikkie Meyer (wenners: sang en diri­gente), Hoër­skool Hans Strijdom (wenners: prestasie­beker), Hoër­skool Piet Pot­gieter en Hoër­skool Warm­bad te verwel­kom. Die bood­skappe van geluk­wense en trotse mee­lewing stroom steeds in van almal wat hier was of selfs net die op­windende nuus ver­neem het.

Kompli­mente strek vanaf die fynste, kleinste besonder­heid tot die stewigste, grootste konstruk­sie. Ons ontvang ver­blydende kommen­taar oor die oulike Kwagga-munt­koe­ponne, die smaak­like Kwagga Kos­werf-spys­kaart, die gras­groen veld en bane, die netjiese in­gange, die puik­ver­sorgde tuine, die  impo­sante pawil­joene, die fantas­tiese gees van die sin­gende skole, die nimmer­ein­digende talent van die atlete, die profes­sio­nele sere­monies en duide­like klank en die moti­verende en wel­sprekende aan­kondiger.

Almal is dit eens dat die Bosveld Inter­hoër van 2020 lewens verryk het, harte warm laat klop het en vir almal ’n duisend redes gegee het om hulle opnuut te verbly in die gawe van mens­wees.

“Bring die hoop weer terug!” pleit die sanger Joe Black. Wel, Joe, die Nylies het gehoor gegee aan jou versoek en ons prys die goeie Gewer van alle dinge wat hierdie geleent­heid aan ons almal geskenk het.

Baie spesiale geluk­wense aan die hoof van Hoër­skool Nyl­stroom, Anton du Plessis, vir sy kalm en doel­gerigte, afge­ronde en nou­keurige leiding in die voor­bereidings vir die dag en die dag se verrig­tinge self. René Oost­huizen, ’n oud-Nylie, was die hoof­organi­seerder van die dag. Haar fyn beplan­ning en sorg­saamheid was abso­luut noemens­waardig.

Baie geluk en dankie weer eens aan elke lid van die beheer­liggaam, die perso­neel, ouers, leer­ders, borge, dona­teurs en die gemeen­skap. Dit was ’n puik span­poging.

Hoërskool Nyl­stroom voel opreg dank­baar en baie nederig ná die groot sukses van Inter­hoër 2020.

Related Articles

Back to top button