Local newsNews

Vier on­ge­luk­ke op een dag in Bela-Bela

Verskeie mense, waaronder skool­leer­ders, is op Maan­dag 24 Fe­brua­rie vir nood­be­han­de­ling hos­pi­taal toe geneem na­dat daar in een og­gend vier voer­tuig­on­ge­luk­ke in die Be­la-Be­la-omgewing plaas­ge­vind het.

Vol­gens sers. Frans Ma­pon­ya, po­li­sie­woord­voer­der, het die eers­te on­ge­luk ongeveer 06:30 op die Tha­ba­zim­bi-pad naby die ou Out­post-ontwikkeling plaas­ge­vind. Die bestuurder van ’n Toyo­ta Hi­lux-bakkie het glo be­heer oor die voertuig ver­loor en dit het om­ge­slaan.

Die be­stuur­der was alleen in die voertuig. Met die paramedici se aankoms is hy bewusteloos aangetref en vir nood­be­han­de­ling na ’n plaas­li­ke hos­pi­taal ver­voer, het Ma­pon­ya ge­sê.

’n Skoolbus het dieselfde oggend teen ongeveer 06:30 in die Lang­kloof-om­ge­wing naby Ving­er­kraal die grond­pad bys­ter ge­raak. Die grond­paaie in dié ge­bied is be­kend daarvoor dat dit in ’n baie swak toestand is.

Ma­pon­ya het ge­sê hoe­wel die bus nie teen e­nig­iets ge­bots het nie, het van die skool­kin­ders ligte be­se­rings op­ge­doen toe die bus die pad ver­laat het.

Nog ’n on­ge­luk het om ongeveer 09:40 op die Eers­be­woond-pad op die laaste skerp draai voor die Klein-Ka­ri­ba-kruising plaas­ge­vind. ’n Huyn­dai-voer­tuig met drie in­sit­ten­des het om­ge­slaan.

Ma­pon­ya het gesê die be­stuur­der is ern­stig be­seer en sy twee pas­sa­siers het lig­te be­se­rings op­ge­doen.

Die vier­de on­ge­luk het om 16:30 sowat 1 km voor die Mant­so­le-weeg­brug in die rig­ting van Pre­to­ria plaas­ge­vind.

’n Trok-kon­vooi, wat glo on­der­weg was van Zam­bië, was aan die buitekant van die geel streep op die pad ge­par­keer. ’n Isu­zu-trok het teen die ag­ter­ste trok vas­ge­ry. Die be­stuur­der van die Isu­zu (43) is op die to­neel oor­le­de, het Ma­pon­ya ge­sê. Teen druk­tyd was sy i­den­ti­teit ­be­kend, maar is dié inligting weerhou omdat sy fa­mi­lie nog nie van sy dood in ken­nis ge­stel is nie.
Die po­li­sie on­der­soek al dié ongelukke.

Related Articles

Back to top button