LettersOpinion

Dit is ’n absolute skande!

’n Mens het nie ’n kom­man­do wer­kers met ket­ting­sae no­dig om ’n boom op te kap nie; nog min­der toe­gang tot die huis.

Gawie Rich­ter van Mo­di­mol­le skryf:

Met die lees van die berig “Afri­fo­rum help met boom” in Die Pos van Vry­dag 21 Februa­rie het ek my kop in skaam­te laat sak om te dink hoe sleg ’n mens kan wees.

Blyk­baar het dit die mo­dus ope­ran­di van hoogs­be­sol­dig­de amp­te­na­re van die Mo­di­mol­le-Mook­go­phong-mu­ni­si­pa­li­teit ge­word om te wag en toe te kyk hoe­dat die ge­meen­skap, son­der ver­goe­ding, die munisipaliteit se werk vir hulle doen.

Saam met tien­tal­le le­sers van ons prag­ti­ge koe­rant en Ma­ria van Schalk­wyk, dra ek my dank aan Phil­lip van Sta­den van AfriFforum oor, wat die boom gratis op die sypaadjie in Mook­go­phong verwyder het.

’n Mens het nie ’n kom­man­do wer­kers met ket­ting­sae no­dig om ’n boom op te kap nie; nog min­der toe­gang tot die huis.

Gaan kyk ge­rus langs paaie na braai­hout­smou­se wat met hand­sae en by­le boom­stom­pe op­kap. Word as­se­blief net wak­ker.

Related Articles

Back to top button