LettersOpinion

Kommer oor tekort aan staatsveeartse

’n Groot kopseer is die tekort aan staats­veeartse en die VF Plus eis dat die departe­ment van land­bou so gou moont­lik veeartse aanstel en die stelsel ver­beter.

Marcelle Maritz, Vry­heids­front Plus (VF Plus), LPW en pro­vinsiale leier: Lim­popo, skryf:

Die VF Plus het tydens ’n ver­ga­dering van Lim­popo se wet­gewers­komitee vir landbou sy kommer uitge­spreek oor die doel­treffend­heid van die maatreëls vir die be­kamping van bek-en-klouseer in die pro­vinsie.

Die party het ook ’n drin­gende verga­dering aangevra met Nanda Ndalane, LUR vir landbou, om dié situasie te bespreek.

Hoewel die VF Plus dit verwel­kom dat Thoko Didiza, minis­ter van land­bou, die verbod op vee­vei­lings gelig het, is die party bekom­merd dat daar nie vol­doende voor­komende maat­reëls in Limpopo is om die versprei­ding en ’n verdere uitbre­king van bek-en-klouseer te voor­kom nie.

’n Groot kopseer is die tekort aan staats­veeartse en die VF Plus eis dat die departe­ment van land­bou so gou moont­lik veeartse aanstel en die stelsel ver­beter. Die departe­ment moet ook seker maak dat die land se rooi sones en lands­grense beveilig word om te voor­kom dat be­smette diere met gesonde diere in aan­ra­king kom. Die tekort aan ’n doel­treffende spuitstof en die aanwen­ding van die beskik­bare entstof is ook uiters sorg­wek­kend.

Die VF Plus doen ’n beroep op vee­boere (kommer­sieel, op­komend en klein­skaal) in die pro­vinsie om self verant­woorde­lik­heid te neem en toe te sien dat hul vee gereeld onder­soek word vir die siekte, ingeënt word soos voor­geskryf deur die departe­ment van land­bou en om die nodige gesond­heids­kla­rings te bekom voor vee­vei­lings.

Rooi­vleis­produsente het ont­stettende finan­siële verliese gely ná die verbod op die vervoer van vee en vee­veilings. Die party wil toesien dat boere nie onder meer finan­siële druk geplaas word weens nog ’n uitbre­king van bek-en-klouseer nie.

Related Articles

Back to top button