Local sportSport

Hansie wen goue medaljes in Mauritius

Rialet Potgieter, ’n gr. 9-leerder aan Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, het van 19-23 Februarie aan ’n internasionale aerialnastix-kompetisie in Mauritius deelgeneem.

Dit was die eerste keer dat sy die voorreg gehad het om haar land in die buiteland te verteenwoordig nadat sy verlede jaar die span gehaal het.

Rialet het haar staal gewys en in al drie die items waaraan sy deelgeneem het (bankie, trampolien en tuimel) goue medaljes verower.

Sy het in gr. 1 aan gimnastiek begin deelneem. “Ek het aan artistiese gimnastiek deelgeneem en eers in gr. 6 met tuimelwerk begin,” het sy aan Die Pos vertel.

Sy het eers verlede jaar aan aerialnastix begin deelneem en eerste op die trampolien, tweede in tuimel en derde op die bankie tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskap geëindig, waarna sy gekies is vir die span wat in Mauritius gaan deelneem het.

“Die deelname in Mauritius was ’n belewenis wat ek nooit sal vergeet nie. Ek droom daarvan om eendag aan die Olimpiese Spele deel te neem,” het sy blinkoog gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button