Local sportSport

Krieketspan laat die paaltjies val

Geesdriftige krie­ket­spe­lers het die af­ge­lo­pe na­week weer kol­we ge­swaai in die Wa­ter­berg-krie­ketliga se 50-boul­beurt­li­g­a.

Geesdriftige krie­ket­spe­lers het die af­ge­lo­pe na­week weer kol­we ge­swaai in die Wa­ter­berg-krie­ketliga se 50-boul­beurt­li­g­a.

Vier plaas­li­ke klubs neem hier­aan deel.

Die klubs van Nyl­stroom en Ma­hwe­lereng (naby Moko­pane) het op Son­dag 23 Fe­brua­rie krag­te gemeet. Die wed­stryd het nie lank geduur nie.
Vol­gens Pierre Bot­ha van die Nyl­stroom-klub het hul­le eers­te ge­boul en hul teen­stan­ders al­mal uit­ge­boul vir slegs 20 lo­pies. Daar­na het die Nyl­stroom-span net 4,4 beur­te no­dig ge­had om die wen­lo­pies aan te te­ken.

Die dag se uit­blin­kers was beslis die bou­lers wat verwoesting gesaai het. An­dré Cron­jé het ses boul­beur­te afgestuur waarvan vyf leeg was en een lo­pie aangeteken en in die proses drie paal­tjies laat kantel. Die ander uitblinker was Joe Jan­sen met een paal­tjie van­ twee bal­le wat hy geboul het en hy het geen lo­pies afgestaan nie.

Nyl­stroom kom op Son­dag 1 Maart by Hoër­skool Nyl­stroom se vel­de teen die Lim­po­po Strikers van Bela-Bela te staan. Die Strikers loop tans voor in die li­ga.

Eni­g­iemand is wel­kom om by die Nyl­stroom-klub aan te sluit. Vir meer in­lig­ting bel vir Buks de Jager by tel. 072 661 3726.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button