Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Daan en Esther Gravett, bekende inwoners van Bela-Bela, gaan die Sonskyndorp eersdaags ná 28 jaar vir ’n nuwe lewe in Sasolburg verruil. Die egpaar het in Tzaneen, Walvisbaai, Phalaborwa en Winterton gewoon voordat hulle na Bela-Bela verhuis het. Die egpaar was veral ywerige gholfspelers. Hulle bedank al hul Bosveld-vriende wat hulle deur die jare bygestaan het. Daan en Esther vier ook aanstaande maand hul 61ste huweliksherdenking. Op die foto is Daan en Esther, met agter hulle hul dogters Danest Cronjé, Rochelle Nolte en Francel Ferreira. Ronel Hulley was afwesig met die neem van die foto.

 

Ver­teen­woor­di­gers van die By­bel­ge­noot­skap van Suid-Af­ri­ka het op Maan­dag 24 Fe­brua­rie 80 By­bels aan die AGS Woord en Le­we-kerk in Be­la-Be­la ge­skenk. Die By­bels sal eersdaags aan be­hoef­ti­ge leer­ders van Laer­skool Warm­bad oor­han­dig word met die doel om gees­te­li­ke groei in ­die leer­ders se le­we te be­vor­der. Die By­bel­ge­noot­skap vier vanjaar hul 200ste be­staans­jaar. Op die fo­to is An­dré Hib­bert, Hans Bar­nard, Tre­vor Fes­ter en Sha­ne Fra­ser (By­bel­ge­noot­skap), Bets en An­dré Kol­wer, as­ook Ne­ville Haar­hoff ty­dens die oor­han­di­ging.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button