CrimeNews

Skerp voor­wer­pe op N1 gevind

Mo­tor­ry­ers wat tus­sen Pre­to­ria en Be­la-Be­la pen­del word ge­waar­sku om op die uit­kyk te wees vir skerp voor­wer­pe op die N1-snel­weg.

’n Bood­skap is op Woens­dag 12 Fe­brua­rie op die ge­meen­skap­po­li­sië­rings­fo­rum se vei­lig­heids­groep geplaas waarin motorryers gewaarsku word ­dat skerp voor­wer­pe tus­sen die Carousel- en Pu­mu­la­ni-tol­hek­ke, as­ook in die Pie­naars­ri­vier­ge­bied, op die pad ge­vind is. Dit lyk vol­gens die fo­to asof die voor­­wer­pe hand­ver­vaardig is en moeds­wil­lig ge­plaas is om skade aan voertuie te ver­oor­saak.

Tal­le roof­tog­te het verlede jaar op die N1-snelweg plaas­ge­vind. Van die slag­of­fers van hierdie rooftogte het in hul po­li­sie­ver­kla­rings gesê hul voertuig­ban­de het ge­bars weens skerp voor­wer­pe wat in die pad ge­plaas is.

Die nuut­ste voor­val in die Be­la-Be­la-omgewing was op Vry­dag 24 Jan­ua­rie toe ro­wers pas­sa­siers in ’n mi­ni­bus naby die Mant­so­le-weeg­brug aan­ge­hou en van der­dui­sen­de ran­de be­roof het.

’n Woord­voer­der van die po­li­sie het aan Die Pos ge­sê daar is ’n moont­lik­heid dat van die so­ge­naam­de slag­of­fers ’n aan­deel in die roof­tog­te gehad het en die boos­doe­ners glo inge­­lig het waar en wan­neer om toe te slaan. In talle van dié voorvalle is bui­te­lan­ders, wat met baie kontant by hulle na buur­lande reis, ge­tei­ken.

Kol. A­bel Phet­la, Be­la-Be­la-po­li­sie­sta­sie­be­vel­voer­der, het by na­vraag ge­sê hoe­wel die Ca­rou­sel-ge­bied bui­te Be­la-Be­la se grens val, kan die mis­da­ad oor­spoel na die Be­la-Be­la-om­ge­wing. Hy het die egtheid van die foto bevestig.

In die mees­te van die ge­val­le het die roof­tog­te tus­sen Don­der­dag en Sa­ter­dag plaas­ge­vind, het Phet­la ge­sê.

Die po­li­sie raai in­tus­sen mo­tor­ry­ers aan om op die uitkyk te wees vir vreemde voorwerpe in die pad. Indien hulle voer­tuig­pro­bleme ondervind, word inwoners aangeraai om nie dadelik stil te hou nie, maar stadig aan te ry tot waar hulle veilig voel.

Die roof­tog­te word deur die po­li­sie se mis­daad­in­tel­li­gen­sie-een­heid on­der­soek.

Related Articles

Back to top button