Local sportSport

Nylstroom-span kraai koning oor Valies

Die Vaal­wa­ter- en Nyl­stroom­krie­ket­span­ne se on­lang­se krag­me­ting was ’n nael­by­ter.

Die span­ne het krag­te ge­meet in die Wa­ter­berg-krie­ketreeks se 50 boul­beurt-­li­g­a waar­aan vier klubs deel­­neem.

Ty­dens die twee span­ne se vo­ri­ge wed­stryd het Vaal­wa­ter ko­ning ge­kraai.

Die af­ge­lo­pe na­week het Nyl­stroom eg­ter die bord­jies ver­hang met ’n goeie oor­win­ning.

Nyl­stroom het eers­te ge­kolf en 203 lopies op die telbord gehad. Ja­nus Neeth­ling het ’n ste­wi­ge by­drae gelewer deur 45 lopies van 25 balle te ­slaan.

Vol­gens Jan-Hen­drik Ja­cobs, een van Nyl­stroom se span­le­de, het die geboulde balle baie in die lug be­weeg en was die kolf­werk vir albei span­ne uitdagend.

“Die bou­lers het re­de­lik amok ge­maak. Oor Adriaan van der Walt se vyf paaltjies in vyf boulbeurte sal daar nog lank in krieketkringe gesels word, ” het Ja­cobs ge­sê.

Vaal­wa­ter het ty­dens hul beurt goed te­rug ­geveg met ’n goeie by­drae deur Drian Laas wat 60 lopies van 70 bal­le ge­slaan het.

“Dit was ’n baie lek­ker dag en krie­ket was die uit­ein­de­like wen­ner,” het Ja­cobs ge­sê. “Die kom­pe­ti­sie is eg­ter nog mede­dingend met eni­ge span wat die reeks kan wen.”

Be­lang­stel­len­des wat wil deel word van die Nyl­stroom-krie­ket­span kan vir Carel Hooneberg bel by tel. 083 659 7490.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button