GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die topatlete van die Euphorbiaskool in Mookgophong se huissportbyeenkoms, wat op Dinsdag 21 Januarie aangebied is, was Willem Botha (junior Victor Ludorum), Annika Fouché (junior Victrix Ludorum), Mia Botha (senior Victrix Ludorum) en Waldo Hoffmann (senior Victor Ludorum).

 

AB de Villiers en Paul du Plessis, twee o.10-atlete van Laerskool Nylstroom, het te midde van stywe kompetisie laat wiel tydens die 1 200 m-items by die areabyeenkoms wat op Vrydag 7 Februarie by Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong gehou is.

 

Op-op-en-oor! Ben van Jaarsveld van Laerskool Nylstroom was tweede in die hoogspring vir o.10-seuns tydens die area-atletiekbyeenkoms wat op Vrydag 7 Februarie by Laerskool Eugène N. Marais gehou is. Hy neem op Vrydag 14 Februarie aan die streekbyeenkoms by Laerskool Bosveld in Lephalale deel.

 

Die atlete van Laerskool Nylstroom het hul spiere op Vrydag 7 Februarie tydens die areabyeenkoms by Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong in die bloedige son gebult. Hierdie atlete gaan deelneem aan die streekbyeenkoms by Laerskool Bosveld in Lephalale op Vrydag 14 Februarie. Voor staan Stefan Barnard, Dirk Nortman, Phenyo Matjeke en Elandi van Staden. In die tweede ry is Danelle Roos, Brendon Branford en Christiaan Knoetze. In die derde ry is Desiree Coetzee, Lavo-Né Janse van Rensburg, Megan van der Merwe, Mieke Mienie, Danike Nortman, Gabby Greeff, Gerdu de Lange en Tiaan Steffen. Agter staan Zoë Coetzer, Jesse-Dean Nortje, Marco van Rheede en Wihan Bezuidenhout. Ben van Jaarsveld, Zanel van Staden en Lethabo Mphalele was afwesig met die neem van die foto.

 

Mieke Mienie van Laerskool Nylstroom het die sand laat spat met haar groot spronge in die o.13-verspring item tydens die area-atletiekbyeenkoms wat op Vrydag 7 Februarie by Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong gehou is.

 

Colin Boshoff is tydens die Waterbergskool vir CVO in Modimolle se interhuisatletiekbyeenkoms as senior Victor Ludorum aangewys. Hy het eerste plekke behaal in gewigstoot en 110 m-hekkies en tweede plekke in die 200 m en 100 m. Foto: Herman Steyn

 

Mariska van Rooyen (o.19) het puik presteer tydens die Waterbergskool vir CVO se huissportbyeenkoms en is as senior Victrix Ludorum aangewys. Sy het eerste plekke in gewigstoot, 100 m-hekkies, 200 m en 100 m behaal. Foto: Herman Steyn

 

Hierdie atlete van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong gaan op Vrydag 6 en Saterdag 7 Maart in Polokwane aan die Limpopo-atletiekkampioenskap deelneem. Hulle is Cara Louw (spiesgooi), Macayla Treurnich (1500 m) en Kayla Pretorius (spiesgooi). Agter staan Pieta van Rooyen (spiesgooi).

 

Dié atlete van Laerskool Nylstroom het uitgeblink tydens die areabyeenkoms wat op Vrydag 14 Februarie in Lephalale gehou is en deurgedring na die provinsiale atletiekkampioenskap. Voor is Elandi van Staden (spiesgooi en hekkies), Brendon Branford (diskus en gewigstoot) en Danelle Roos (hoogspring). In die middel is Jesse-Dean Nortjé (spiesgooi), Danika Nortman (verspring), Zoë Coetzer (diskus), Gabby Greeff (gewigstoot), Mieke Mienie (verspring, 100 m en 200 m) en Megan van der Merwe (800 m). Agter staan Wihan Bezuidenhout (spiesgooi) en Marco van Rheede (gewigstoot).

 

Die bulletjierugbyseisoen het amptelik op Dinsdag 11 Februarie by Laerskool Warmbad afgeskop. Twee groot bulletjierugbywedstryde word vir April in Modimolle en Bela-Bela beoog. Mense wat graag betrokke wil raak, kan vir Sulandré Holingshead, voorsitter van die bulletjierugbyklub, bel by tel. 084 698 7822. Op die foto is die groot groep seuns saam met hul afrigters by die eerste oefening.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button