LettersOpinion

Gesonde kritiek is soms nodig!

“Dit is nou vir jou ’n ge­mors van ’n ge­mors van ’n hel­se ge­mors.”

Gawie Rich­ter, Modi­mol­le, skryf:

Ja­re ge­le­de het ’n skool­hoof by ’n land­bou­skool ná ’n skool­va­kan­sie waarty­dens dinge so effens verval het, ge­sê: “Dit is nou vir jou ’n ge­mors van ’n ge­mors van ’n hel­se ge­mors.”

Dit her­in­ner no­gal aan Mo­di­mol­le en Mook­go­phong se sy­paad­jies langs die hoof­stra­te oor na­we­ke. Ver­al waar daar met kos han­del ge­dryf word en voor­ra­de op stoe­pe die voet­gan­gerver­keer be­lem­mer.

Ter­wyl mu­ni­si­pa­litei­te na har­te­lus waar­da­sies ver­hoog, gaan die konsep van ont­eiening son­der ver­goe­ding voort en verloor eien­dom­me dus hul waarde.

Het u ge­weet dat ’n en­ke­le kom­pleks soos Bos­veld­sig-aftree­oord in Mo­di­mol­le jaar­liks na­genoeg R806 400 vir riool, R58 960 vir vul­lis­ver­wy­de­ring en R504 000 aan mu­ni­si­pa­le hef­fings be­taal? Voeg hier­by die dorp en tien­tal­le an­der kom­plek­se en dan kom ’n mens tot die be­sef hoe­veel geld oor ’n pe­rio­de van meer as twee de­ka­des in ’n donker put verdwyn het.

Dit is nie on­bil­lik as daar ge­kla word as stra­te na Bos­veld­sig on­toe­gang­klik is nie.

Related Articles

Back to top button