LettersOpinion

Minister skuld ’n ver­kla­ring

Hier­die uit­spraak van Mot­shek­ga is in sterk teen­stel­ling met haar hou­ding in die par­le­ment ver­lede jaar.

Dr. Wy­nand Bos­hoff, LP: Vry­heids­front-Plus en hoof­woord­voer­der: basies­e onder­wys, skryf:

An­gie Mot­shek­ga, minister vir basiese onder­wys, het luidens media­berig­te toe­ge­gee dat skole self kan be­sluit óf en hoe hulle die omstrede nuwe voor­ge­skrewe sillabus vir om­vat­tende seksuali­teits­onder­rig wil aan­bied. Dit het ge­volg ná ’n ge­sprek met onder­wys­vak­bonde.

Die VF-Plus ver­wel­kom hier­die stap, omdat dit uit­voer­ing gee aan die party se stand­punt dat onder­wys­ers pro­fessionele mense is en die finale be­voegd­heid om kurri­ku­lum te vorm, by hulle lê.

Die VF-Plus het ook daar­op ge­wys dat onder­wys ’n kul­tu­re­le uit­druk­king is en onder be­heer van kul­tuur­groepe self moet staan en nie onder die sentrale regering soos tans die geval is nie.

Dit is nie toe­val­lig dat die toe­ge­wing teen­oor vak­bonde ge­maak is nie. Verskeie vak­bonde het hul sterk teen dié onder­rig uit­ge­spreek. Hulle beskik oor die vermoë om die minister in ’n reeds problematiese om­gewing met burger­like on­ge­hoorsaam­heid te kon­fron­teer.

Hier­die uit­spraak van Mot­shek­ga is in sterk teen­stel­ling met haar hou­ding in die par­le­ment ver­lede jaar. Toe het sy ’n kari­ka­tuur van die be­sware teen hier­die sillabus ge­maak en dit arrogant van die hand ge­wys.

Hier­die ver­loop van sake be­hoort vir die ANC oor die al­ge­meen ’n vinger­wys­ing te wees. Dit is wel moont­lik om hul par­le­men­têre meer­der­heid te ge­bruik om alle teen­stand te stoom­rol­ler, maar die werk­lik­heid buite die par­le­ment is meer inge­wik­keld.

Ter­self­der­tyd kan die burger­like same­lewing daar­uit moed skep dat werk­lik­hede selfs deur ’n arrogante regering soos die ANC in ag ge­neem moet word.

Wat wel nog van die minister ver­wag kan word, is om die teen­stel­ling tussen haar uit­sprake in die par­le­ment en teen­oor vak­bonde met ’n open­bare ver­kla­ring uit die weg te ruim.

Related Articles

Back to top button